News

“Dis onmenslik om so by ‘n graf te moet staan”

Dis asof die duiwel en sy trawante self besluit het om soos waansinnige monsters deur die begraafplaas te gaan en alles wat kosbaar, sentimenteel en troos vir baie is, op ‘n tartende wyse te vernietig.

Mens hoor skiellik so twee weke gelede van die Vredefort-begraafplaas wat gevandaliseer is op sosiale media en by ou skoolvriende en kennisse.

Die reis vanaf Johannesburg het diselfde gevoel as die dag toe ons in 2009 na die dorpie toe moes ry vir pa se begrafnis. Onsekerheid en vreemde angs van wat wag veroorsaak ‘n redelike stil motorreis op pad na Vredefort.

Met ons aankoms sien mens oom Andries Hendricks se verwaarloosde en gebreekte graf. Ek onthou nog so goed hoe duur dit gekos het in 1981 en watter groot nuus dit was. Almal het die mooi marmer ensemble bewonder en my ouers sou soms vir vriende van ver diè besondere graf gaan wys.

Ons was geleer om nooit oor ‘n graf te loop wat nog nie ‘n grafsteen gehad nie.

Mens het na oupa en ouma Lourens se graf gegaan met groot eerbied vir die afgestorwenes wie daar begrawe is. Ma en ek sou graag blomme op die graf sit en klein bossies uittrek. My pa kon altyd die interessantste stories oor die
mense vir ons vertel.

Terug by 2023 en die besoek op 28 September. Die nuwe deel van die begraafplaas lyk soos een groot slagveld. Kopstene lê aan skerwe. Nuwe graftstene is erg gebreek en ons sukkel om selfs mense se vanne te kan sien op al die omgevalde stene. Dit voel soos ‘n lyksuitkenning.

Erg geskok om te sien dat daar selfs in oop grafte ingeklim is en kruise regop daarin geplant is. Dis asof die duiwel en sy trawante self besluit het om soos waansinnige monsters deur die begraafplaas te gaan en alles wat kosbaar, sentimenteel en troos vir baie is, op ‘n tartende wyse te vernietig.

Ons kon nie glo dis mense se handewerk nie. Dit lyk eerder soos die nagevolg van ‘n aardskudding.

Minder grafte in die ouer deel is beskadig, maar oupa Dirk en ouma Marthie Lourens wie in 1967 en 1968 onderskeidelik oorlede is se dubbelgraf is so beskadig dat die grafteenmakers wie die herstelwerk doen die hele “prentjie van onthou” gaan moet verander om te beskerm teen enige toekomstige aanslae.

Ek voel so bitter jammer vir mense wie nog nie eers hulle grafstene kon onthul nie of hulle eerste krans kon opsit nie. Families wie dalk almal saam bydraes moes gee vir die duur granietstene wat nou soos Lego blokkies die hele wêreld
vol lê.

Die grafskending is onmenslik met geen empatie of meegeveol vir enige persoon wie se kind, ouer, grootouer of vriend daar begrawe is nie. Mens voel soveel hartseer vir almal wat op ‘n dag daar moes staan langs ‘n oop graf en dan in 2023 weer langs dieselfde verwoeste graf.

Marius se ma met hom en sy broer op die dag van sy broer se doop. 

  • Marius se ouers het in Vredefort gewoon van 1969 tot 2007 nadat sy pa vir hulle ‘n huis in die dorp gebou het. Sy pa is in 1922 op die plaas Tempe gebore waar hy tot 1970 geboer het.

Lees ook

https://www.citizen.co.za/parys-gazette/news/news-news/2023/09/26/onbeskryflike-hartseer-nog-grafstene-aan-stukke/

https://www.citizen.co.za/parys-gazette/news/news-news/2023/09/11/kluisenaar-se-marmer-grafbeeld-skandelik-geskend/

Related Articles

Back to top button