News

Dit is die hartklop van Parys! Uitsonderlike kunswerke wat jy moet sien

Dorp se mooiste toerismejuwele en aktiwiteite op dromme geskilder. Uitsonderlik!

As jy aan die Vrystaatse dorp Parys dink, dink jy aan die breë strate, die Vaalrivier en die talle winkels soos krale geryg langs die dorp se hoofstraat waar restaurante, koffiewinkels, oudhede, en kunsgallerye jou naderlok om jou rugsak te pak en ‘n draai te stap deur die dorp.

Hierdie uitsonderlike karakter van die dorp en sy besondere mense is vanoggend, Saterdag 30 September in ‘n park langs die dorp se hoofstraat gesien en gevier. Twaalf kunstenaars, almal plaaslik, almal ewe talentvol, wat deelgeneem het aan ‘n projek geïnisieer deur MooiParys en Parys Info & Tourism.

Die Art a Drum projek het behels dat kunstenaars die vullisdromme wat vir die projek geskenk is, gebruik om met hul eie styl die dorp se toerismejuwele en dit waarvoor die dorp bekend is onder besoekers uit te beeld. Dit was ‘n onbeskryflike oggend om te beleef.

Mense wat saamgewerk, saamgelag en saam geskep het. Gewerk het aan ‘n projek om ‘n dorp mooi te maak. Saamgebind deur die een ding wat hulle almal in gemeen het – kuns.

Die eindproduk is die mooiste kunswerke wat die karakter en mooi van die dorp vasvang – van die bekende hangbrug oor die Vaalrivier, tot die uitsonderlike koffiewinkels en restaurante, Udolpho se geskiedkundige ossewaens, die roostonnels, bergfietsry en witwaterroei, die natuurprag – noem dit, en jy sal dit sien op die kleurvolle vullisdromme wat by voltooiing van die projek opgeveil en strategies op verskeie punte in die dorp geplaas sal word.

‘n Pluimpie vir die spog spanpoging en ‘n viering van die dorp se ongelooflike kunstenaars!

Ons is trots Parys!

Two local artists at work. Zakes Khumalo and Leonard Gobidolo. Both are from Tumahole, Parys and shows tremendous talent. On left hand side is Leonard’s assistant, Aleck Nyathela. Leonard was showing mountain biking as a popular tourist activity in Parys in his artwork, while Zake’s painting focussed on river rafting.

Die roostonnels in Allenbystraat wat as gemeenskapsprojek begin is na die Madeira/Free State Flower Festival wat vroeër jare in Parys gehou is, was die inspirasie vir Diana Delmont se kunswerk. Die foto is geneem kort nadat sy begin skilder het aan haar kunswerk.

An artwork in progress a few hours later.

Kunsstudente van Petit Artiste aan die werk. Op die foto is Christiaan, Jandrie en Minkie wat saam met ma Charmaine hoenders geskilder het.  Landbou is ook ‘n integrale deel van die Parys distrik.

Gee vir Mareina Jansen ‘n kwas en ‘n skilderdoek en sy is in haar element. Sy is ‘n kunsonderwyseres by Gaudium Artes en het met haar vullisdrom-kunswerk musiek, kuns en drama uitgebeeld waarin klas gegee word by Gaudium Artes. Op die foto is haar “work in progress”

Zakes Khumalo at work.

Antoilene du Toit waar sy die geskiedkundige Udolph ossewaens geskilder het.

En tussendeur het MooiParys getrou op hul pos gesorg dat die strate van Parys skoon bly. Van links is Samson Shebe, Abel Makae en Moses Mofokeng.

Kyk net hoe kunstig! In ‘n oogwink het Marietjie le Roux ‘n kunswerk gemaak van ‘n toneel by Liewer Koffi, een van die vele koffiewinkels waarvoor Parys bekend is. Marietjie is ‘n afgetrede kunsonderwyseres met vele talente.

Manna Art Studio se Hendrik Mörsner wat die interessante staal kunswerk gemaak het wat die talle heerlike eetplekke en kuns in Parys uitbeeld waarvoor die dorp al vir jare aan menige besoeker bekend is.

Mandie von Maltitz het ‘n besindere passie vir Parys en is geïnspireer deur die prag geboue in die dorp. Hiervan getuig ook haar kunswerk waar sy onder meer al verskeie van die dorp se geboue geskilder het waaronder Hoi Polloi en Art Lovers.

Mandie se besondere kunswerk wat sy op dié vullisdrom geskilder het, is die brug oor die Vaalrivier met sy besondere graffiti kuns by Egweni River Lodge. Mandie skilder voltyds en verskaf haar kunswerk aan verskeie kunsgalerye. Sy gee ook klas vir kinders en volwassenes.

 

Artist Zake Khumalo together with Renee Hartslief, mentor for the German students, Lena Tiesmeyer and Simon Poppe who are part of the Lewis Balink Foundation’s Exchange programme and who will be staying in South Africa for a year.  They painted the drum on behalf of paraplegic river guide Shadrack Bonakele.

Daniel Steyl was ook verantwoordelik vir die prag kunswerk van Parys se bekende hangbrug oor die Vaalrivier.

Talentvolle skilder Daniel Steyl besig met sy uitsonderlike kunswerk van sebras en ‘n kameelperd.

Kunstenaar Petra Bezuidenhout, ‘n skilder van beroep,  en die skepper van talle kunswerke by onder meer O’s , die BosBoer, verskeie gastehuise en meer. Sy was hier besig met haar kunswerk van ‘n perd en ruiter.

Kleurvol en pragtig. Dalene Thompson se kunswerk beeld die heerlike kos en wyn uit wat jy in Parys sal kry. Dit maak ‘n besoek aan die dorp beslis die moeite werd. Regs in die agtergrond is Braam Cilliers van MooiParys wat saam met Parys Info & Tourism hierdie besondere projek , Art a Drum, aangepak het.

An unbeliavable initiative. An absolute amazing spirit among artists, working together, enjoying what they all have in common – a talent to create.

Related Articles

Back to top button