News

Parys Primêr ‘rise’ vir ongelooflike skouspel

'n Skitterende kaleidoskoop van kleur en klank

Geïnspireer deur die lied, Rise deur Calum Scott, het Parys Primêre skool vanjaar revue gehou met die gelyknamige titel, “Rise”.

Altesaam 404 leerders het deelgeneem en is daar vir twee kwartale geoefen aan dié uitsonderlike kaleidoskoop van kleur en klank.  Ses maande van baie harde werk, passie en toewyding deur elke personeellid en kind wat deelgeneem het.

Elke graad het ‘n tema gehad wat uitgebeeld is. Dit het ingesluit Be Better @Caring for our planet, Be Better @ school, Be Better @ sport, Be Better @believing, Be Better @ love and friendship, Be Better @being happy, Be Better @ having fun and Be Better @ being yourself.

Na die kleedrepetisie is vier optredes aangebied wat elke aand vir ‘n vol saal gesorg het.

Parys Primêr hou elke vier jaar revue, en was vanjaar se revue soos vorige jare, ‘n ongelooflike skouspel met die kinders wat die sterre van die aand was.

As skool en gemeenskap was daar die afgelope tyd groot uitdagings – Covid, stakings… maar daar is uitgestaan en saamgestaan te midde van uitdagings.

“We will rise from it alll and be better at everything we do”

En hierdie lewenswaarheid het gestraal uit elke dansbeweging op die verhoog.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button