NewsNews

Kuier in Kanada

Venter (82) en Petra (79) van Wyk van Vredefort klim binnekort op die vliegtuig om ’n reis van 30 ure aan te pak om by hul dogter Annemarie de Lange en haar gesin in die omgewing van Winnipeg, Kanada, te gaan kuier.

Venter (82) en Petra (79) van Wyk van Vredefort klim binnekort op die vliegtuig om ’n  reis van 30 ure aan te pak om by hul dogter Annemarie de Lange en haar gesin in die omgewing van Winnipeg, Kanada, te gaan kuier.
Hulle sal 6 maande daar vertoef en keer weer op 13 Januarie terug wanneer daar ’n  moontlike temperatuurverskil van by die 60 grade kan wees tussen Kanada en Suid Afrika.
Hulle beplan om hulle te vergewis van boerderyomstandighede in Kanada en sal mnr van Wyk sy skoonseun help met die mielie- en kanola-oes.
Die Van Wyks kom oorspronklik van die Oos-Kaap,  Molteno se wêreld. Hul plaas se naam was Retreat. Dit is hier waar die Engelse in die Anglo-Boereoorlog verslaan is en hulle teruggetrek het in die Stormberge in. Vandaar die naam Retreat.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button