Local news

Oud-sakeman van Parys oorlede

Ons opregte medelye met die familie.

Blackie Schwartz het op 2 September sy stryd teen kanker verloor. Blackie was aan baie Parysenaars bekend as sakeman van die dorp en eienaar van Kraaines.

Blackie en sy vrou Antoinette het sowat twintig jaar in Parys gebly en het hy Kraaines ook ongeveer twintig jaar lank gehad.

Hoewel hy twee maal getrek het om nader aan sy kinders te wees, was sy hart in Parys en het hy telkens teruggekeer na die dorp.

Hy was ‘n huismens – lief vir sy familie, sy besigheid en sy huis.

Hy laat sy vrou Antoinette, sy drie kinders en ses kleinkinders agter wat net die mooiste herinneringe sal koester aan ‘n geliefde man, pa en oupa.

Related Articles

Back to top button