News

Slagoffer van Klerksdorp-aanranding sterf

"Hilton Pretorius (32) is Woensdag in 'n hospitaal in Klerksdorp oorlede," het polisiewoordvoerder Kol. Adele Myburgh in 'n verklaring gesê.

Die slagoffer van die berugte aanranding buite ‘n kuierplek in Klerksdorp is Woensdag oorlede. het polisiewoordvoerder Kol. Adele Myburgh in ‘n verklaring bevestig

Volgens haar, word die klag nou teen die verdagte, Wernich Botha (32), na moord verander. Botha het reeds op 7 September op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer en poging tot moord in die hof verskyn. Hy is borgtog van R2000 toegestaan en moet weer op 19 Oktober in die hof verskyn.

Videos van die vermeende aanranding het wyd oor sosiale media versprei.

Volgens Myburgh het Botha na bewering ‘n 32-jarige man sowel as ‘n 44-jarige man in ‘n parkeerarea aangerand. Die 44-jarige man is met ‘n skouerbesering en harsingskudding hospitaal toe geneem maar is op die dieselfde dag ontslaan.

Related Articles

Back to top button