BlogsOpinions

Uit my dagboek: Nuwe pa: Sink-salf help vir baba se brandboudjies

Daar is amper niks so erg soos ‘n kind wat tande kry nie. Die doeke is ‘n groter gemors as gewoonlik en die kind se boudjies is geneig om te brand.

Daar is amper niks so erg soos ‘n kind wat tande kry nie. Die doeke is ‘n groter gemors as gewoonlik en die kind se boudjies is geneig om te brand.
In Aiden se geval het sy boude baie erg begin brand. Ek en my vrou was al raad op, ons het elke liewe boereraat, mediese opinie en google voorstel probeer.
Een van die voorstelle was om hom sonder ’n doek te laat rondloop vir ’n kort rukkie elke dag. So pak ons die nuwe idee aan. Terwyl ons badwater intap, loop Aiden kaalbas in die huis rond. Die eerste paar keer het dit goed gegaan. Hy het heel vrolik in die huis rondbeweeg terwyl hy wag om gebad te word.
Maar soos dit gaan, was daar een dag wat dit nie so goed gegaan het nie. Aiden staan en kyk hoe die water intap en die borrels begin vorm. My vrou is ernstig besig om al sy badgoed reg te kry, maar voor sy kon keer, is die vloer om haar papnat.
Het die bad begin lek? Lek die dak? Waar kom die water vandaan? Dit het tot haar deurgedring dat die water eintlik van Aiden af kom. Salig onbewus van wat nou net gebeur het, staan hy nog verwonderd deur die borrels in die bad. Die badkamer se matjie was nat, sy lappie, wat hy oral saam hom dra was nat in sy hand en die badkamer se vloer was papnat. Hoe nou gemaak? Pappa is nog by die werk, Aiden moet bad, maar eers moet die badkamer skoon kom. Die plan dat hy sonder ’n doek rondloop het sleg ‘gebackfire’.
Nou moet ’n nuwe plan gemaak word met die boude, want die volgende keer is die vloer nie net nat nie. So stel ’n suster ons aan sink salf voor. Van al die oplossings wat ons probeer het, werk die salf sover die beste van alles. As ek vir eens kan raad gee, as jy sukkel met bababoudjies, kry die salf in die hande.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button