News

Plaaslike SAPD-lede skitter op die gholfbaan

Prestasies van ons plaaslike SAPD lede om op trots te wees

A.o. Gielie Strauss van Parys SAPD, en ao. Jaco Smit van Vredefort SAPD was deel van die Noord-Vrystaat A-span wat die spankompetisie van vanjaar se Vrystaat SAPD gholfkampioenskap gewen het. Die kampioenskap is 13 en 14 Junie in Parys op die Vaal de Grace en Parys Golf & Country Estate bane beslis.

Gielie behaal boonop ook ‘n verdere prestasie toe hy as ‘Stroke Play’ kampioen vir die Vrystaat aangewys is. Hy is daarna ingesluit in die Vrystaat SAPD-span wat van 27-31 Augustus aan die nasionale kampioenskap in Plettenbergbaai in die Wes-Kaap deelgeneem het.

Tydens diĆ© kampioenskap verower die Vrystaat-span ‘n silwermedalje met die Wes-Kaap-span wat as wenner gekroon is.
By die nasionale kampioenskap eindig Gielie vierde in die ‘Stroke Play’ en word hy ingesluit in die SAPD nasionale gholfspan wat in 2024 teen die onderskeie provinsiale spanne sal speel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button