News

Boere bid saam vir die seisoen

Kom deel in hierdie biddag

 Boere in die Vredefort-distrik sal op 13 September saamkom om te bid vir die seisoen
Die program vir die dag begin om 08:00 by die Vredefort sportgronde.
Almal wat saamry na die verskeie Vredefort stasies kom by die sportgronde bymekaar vir koffie en beskuit en logistieke reëlings.
Daarna word by die onderskeie stasiepunte op vasgestelde tye saamgebid.
 *09:00 Suikerbos wildsplaas*
Phillip Serfontein
Tel: 083 442 3926
GPS: -26.933541, 27.314407
 *10:30 Plaas Mimosa Grove*
Heinie Brussow
Tel: 082 321 2413
GPS: – 27.058699, 27.222445
 *12:00 Plaas Weestevrede* (wit gebou op die koppie)
Lucas Steyn
Tel: 082 962 2287
GPS: -27.141197, 27.120712
Worsbroodjies en koeldrank na afloop van die samekoms
 *14:00 Plaas Palestina*
Gideon Coetzee
Tel: 082 773 4714
GPS: -27.178478, 27.216969
 *15:30 Plaas Perdekraal*
Wimpie Louw
Tel: 076 983 0364
GPS: -27.064619, 27.420221
 *17:00 Vredefort sportgronde*
Bid saam vir die gemeenskap van Vredefort
GPS: -27.007809, 27.357294
 _Stasies in ander distrikte:_
 *Koppies/Greenlands*
 *06:00 Plaas Prospect*
PC Oosthuizen
Tel: 079 491 3676
GPS: – 27.143427, 27.663191
 *Kroonstad distrik*
 *10:00 Plaas Groenhof*
Pieter en Armand Marx
Tel: 082 820 2845
GPS: -27.272387, 27.367382
Ons wil graag almal uitnooi om hierdie geseënde dag by te woon! Elkeen is welkom om een of meer van die stasies te besoek tydens die biddag, of om saam met die konvooi te ry wat van stasie tot stasie beweeg deur die dag. Daar is plek op die bussie beskikbaar, en saamry geleenthede kan gereël word tydens die logistieke byeenkoms die oggend om 8:00 by Vredefort sportgronde. Onthou gerus om die volgende saam te vat:
Hoed
Sonskerm
Koeldrank/water
Peuselhappies.
Daar sal koffie en beskuit vir almal bedien word 08:00 die oggend voordat ons vertrek, en Lucas Steyn en sy span gee worsbroodjies en koeldrank vir middagete op Weestevrede. Almal is welkom en alles is gratis. Kom ons bid en vertrou die Here saam vir ‘n geseënde seisoen wat voorlê!
 _Navrae: Juan Greeff 079 874 1860_

Related Articles

Back to top button