News

Vermiste man se liggaam gekry

Ons innige medelye met die man se familie

Die liggaam van die 29-jarige man wat sedert Saterdag vermis was, is vanoggend net duskant die 1919-hangbrug in Parys in die Vaalrivier gekry deur a.o. Holtzhauzen en die soek- en reddingshond, Bennie, van die SAPD se K9 Soek-en Reddingseenheid in Sasolburg.

Daar is sedert die naweek na die man gesoek en het duikers van Welkom en Bloemfontein saam met Parys Speurtak en a.o. Holtzhausen, onder leiding van speur a.o. Hunter ook vroeër vandeesweek ‘n grootskaalse soektog na die man in die Vaalrivier geloods nadat vermoed is dat die man hier by die hangbrug verdrink het.

Die foto is vroeër vandeesweek geneem tydens ‘n grootskaalse soektog na die vermiste man in die Vaalrivier by die hangbrug in Parys. Voor is die ondersoekbeampte speur a.o Hunter saam met a.o Kuhn van die SAPD se duikeenheid in Bloemfontein. 

A.o. Holtzhausen en die soek-en-reddingshond Bennie, wat vanoggend die liggaam gekry het. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button