NewsNews

Walle stel nie teleur nie

Slegs ses hengelaars het die ysige winterweer getrotseer vir die Mimosa-hengeklub se sesde hengelkompetisie wat vroeër gehou is. Hoewel min hengelaars, het die vis nie teleurgestel nie. Die poelvis van die dag is geloods as, eerstens ’n karp, of tweedens ’n onderbek. Die poelvis van die dag is gewen deur Ronel de Klerk, wat ook die wenner van die damesafdeling was.

Slegs ses hengelaars het die ysige winterweer getrotseer vir die Mimosa-hengeklub se sesde hengelkompetisie wat vroeër gehou is. Hoewel min hengelaars, het die vis nie teleurgestel nie.
Die poelvis van die dag is geloods as, eerstens ’n  karp, of tweedens ’n  onderbek. Die poelvis van die dag is gewen deur Ronel de Klerk, wat ook die wenner van die damesafdeling was.
Die wenner van die mansafdeling was Corrie Kriek, terwyl die meestersafdeling deur Herman Venter gewen is. Die Muggie-afdeling is gewen deur JJ de Beer.
Vangste in die omgewing van Parys is baie wisselvallig as gevolg van die koue, hoewel daar tog berigte van groot karps en geelvis gekry is.
Die volgende kompetisie vind hierdie naweek, op 9 Julie, weer by Die Walle, Vaaldam, plaas.
Klublede kom om 07:00 by die hek by die hengelterrein bymekaar. Hengeltyd is vanaf 08:00-16:00.
Die maandelikse braai vind soos gebruiklik op Woensdag 13 Julie by die Mimosa-klubgronde plaas. Alle lede is welkom.
Belangstellendes kan Kobus by 082 878 2579 of Veronica by 072 631 1133 skakel vir meer inligting oor hengel aktiwiteite en hoe om aan te sluit by die klub.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button