News

Fondsinsameling om oorsese familie na biker-egpaar se begrafnis te bring

Die familie van André en Sonika Schreiber, die biker-egpaar wat Saterdagaand (26 Augustus 2023) tragies in ‘n trompop botsing met ‘n motor betrokke was, het ’n Back-a-Buddy-fondsinsameling begin om geld in te samel om die egpaar se broer en suster in die buiteland se reiskoste te betaal sodat hul hul geliefdes se begrafnis in Suid-Afrika kan bywoon.

Meyerton – André Schreiber, die president van die Vaal Toppies Bike Club, en sy vrou, Sonika, is Saterdagaand opslag dood toe hulle in ‘n botsing reg van voor met ‘n Nissan Hardbody bakkie op die Uitvlugt-pad, naby die Midvaal-renbaan betrokke was.

Die ongeluk het glo omstreeks 18:00 gebeur toe die bestuurder van die bakkie blykbaar ‘n ander voertuig verbygesteek en in die rigting van aankomende verkeer beland het.

Schreiber en sy vrou het reg van voor met die voertuig gebots en is tydens die impak van die motorfiets af geslinger.

Die motorfiets het glo met impak aan die brand geslaan.

“Hulle (die Schreibers) was besig om te brand. Ek het vir my vrou geskree dat sy water moet bring. Ek het die vlamme geblus,” vertel hy.

André se broer woon in Nieu-Seeland terwyl Sonika se suster op ‘n passasierskip werk.

Hulle wil na Suid-Afrika reis om die begrafnis by te woon.

Die familie is nog besig met begrafnisreëlings.

André was ‘n voorman by Malvern Engineering Works en Sonika ‘n verkoopsverteenwoordiger.

‘n Uitgebrande skoen wat op die ongelukstoneel agtergebly het. Foto: Christiaan Cloete
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button