News

Munisipale bestuurder verkla oor riool in Vaal

“Ons het die munisipaliteit genoeg gewaarsku en genoeg tyd gegee om die rioollekkasies op te klaar."

Die AfriForum-tak in Parys het Maandag strafregtelike klagtes ingedien teen Tebogo Manele, waarnemende munisipale bestuurder van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, oor riool wat in die Vaalrivier gestort word. Die klagte sluit rioolstortings wat direk of indirek in die Vaalrivier beland in.

Die burgerregte organisasie sé die kwessie is herhaaldelik deur die Parys-tak onder die munisipaliteit se aandag gebring, en dat die tak die munisipaliteit ook op terme geplaas het om daadwerklik iets aan die probleem te doen teen 18 Augustus.. Volgens ‘n verklaring van die organisasie het die munisipaliteit egter nie gehoor gegee nie.

“Ons het die munisipaliteit genoeg gewaarsku en genoeg tyd gegee om die rioollekkasies op te klaar. Daar is nou vir ons geen ander opsie meer as om ’n strafregtelike klagte te lê nie. Ons tree op in belang van ons gemeenskap wat graag skoon water wil hê en die toeriste wat graag die rekreasiegeleenthede wat die Vaalrivier bied, wil geniet,” sê Schalk Burger, voorsitter van AfriForum se Parys-tak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button