News

Pitbull-saak in September voor die hof

Chandré van der Linde en haar lewensmaat, Marno Mostert, word beide aangekla ingevolge die Wet op Diereaangeleenthede.

Die saak rakende ‘n huishulp, Dipuo Kokolosi (48), wat deur pitbull-honde van ‘n Potchefstroomse paartjie op 25 Januarie 2022 verskeur is, is weer uitgestel en sal op Maandag 11 September weer op die hofrol wees. Chandré van der Linde en haar lewensmaat, Marno Mostert, word beide aangekla ingevolge die Wet op Diereaangeleenthede. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle nalatig was.

Kokolosi, wat ten tye van die aanval hul huishulp was, se lewe is onherroeplik verander nadat sy ernstige beserings in die voorval opgedoen het. Die honde het haar neus, lip, en oorskulpe afgeruk en ook ander dele van haar liggaam gebyt. Ziggy Abdullah, ‘n buurman van Van der Linde, het op daardie dag tot Kokolosi se redding gekom en uit selfverdediging die honde doodgeskiet nadat hy ‘n waarskuwingskoot afgevuur het.

Die staat het uitstel gevra om die aanklaer geleentheid te gee om die dossier te bestudeer.

Van der Linde en Mostert se regsadviseur, Malan Schutte, het in Mei vanjaar aan die Gazette se susterskoerant, die Potchefstroo Herald bevestig dat sy klient se pitbull-honde op die dag van die voorval agter ‘n sekuriteitshek toegemaak was.

 

Dipuo Kokolosi (48) se voorkoms het onherroeplik verander na drie pitbulls haar in Januarie 2022 aangeval het.

Lees die oorspronklike berig hier

https://potchefstroomherald.co.za/130201/pitbull-saak-uitgestel-na-september/

 

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button