Plaaseienaar oorlede na Njala hom gaffel
Hy is weens beserings wat hy in die hierdie fratsongeluk opgedoen het oorlede.
‘n 36-jarige plaaseienaar van Boschhoek, ongeveer 35km vanaf Potchefstroom in die rigting van Fochville op die N12, is Donderdag, 24 Augustus deur een van sy eie Njala bokke se horings gesteek. Die insident het glo gebeur toe die man wild wou vervoer.
Hy is weens beserings wat hy in die hierdie fratsongeluk opgedoen het oorlede.
Die man is na Potchefstroom gehaas vir mediese hulp. Nooddienste het die man halfpad tussen Potch en die plaas op die N12 ontmoet en die man probeer resussiteer, maar was onsuksesvol.
Fochville stasiebevelvoerder, Lt. Kol. Kgomotso Netshitangani het die voorval bevestig en genoem dat ‘n geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur is.



