Skitter prestasies vir Hoërskool Parys by Rekeningkunde Olimpiade
Baie geluk aan hierdie leerders en onderwyser
Hoërskool Parys het vanjaar ‘n uitmuntende prestasie behaal met die eerste, tweede en derde plekke in die Fezile Dabi-streek wat die skool se leerders met die SAICA Rekeningkunde Olimpiade verower het.
Kyla Coetzee het die eerste plek behaal, terwyl Maritza Nel en Mené Fourie onderskeidelik tweede en derde geëindig het. Tydens die prysoorhandiging is Kyla ook aangewys as die naaswenner in die Vrystaat/Noord-Kaap. Maritza is in die 4de plek en Mené is in die gesamentlike 5de plek.
Die top 3 (SAICA) rekeningkunde onderwysers vir die twee provinsies is ook aangewys, en is mev. H. Scheepers van Hoërskool Parys as een van die top drie onderwysers bekroon.
Kyla ontvang dan ook ‘n tablet as prys, en al drie wenners het kontantpryse gekry. Die geleentheid word jaarliks deur mnr. P. Fouché gereël met borgskappe van SAICA, Peyper Forensies en die Universiteit van die Vrystaat.



