News

Dis die fees om by te wees

Sorg dat jy nie al die pret misloop nie! Hekke open reeds om 08:00.

Hierdie Saterdag, 26 Augustus gaan die aarde dreun en die kranse antwoord gee wanneer MooiVaal Media en Stonehenge se All Things Adventure Ekspo by Stonehenge River Lodge gehou word. En waar kan avontuurliefhebbers ‘n lekkerder plek as Parys kry om ‘n dag op die walle van die Vaalrivier te kom deurbring?

Daar gaan iets van alles wees vir elke lid van die gesin: van ‘n avontuur-motorfietsbaan en ‘n bielie van ‘n 4 x 4 uitdaging met 23 hindernisse – en natuurlik ‘n moddergat waar jy sal moet wys hoe maklik of moeilik jy jou uit die glyerige penarie kan kry, die baie gewilde Badger Race vir kinders en volwassenes, en ‘n uitdagende bergfietsren.

Vir die jongspan is daar ‘n F1 Simmulator, springkastele en treintjieritte, en nie min-der nie as 63 stalletjies waar jy van alles en nog wat kan sien vir jou volgende buitelug avontuur. Daar is vlieghengel-demonstrasies, ‘n luggeweer skietkompetisie met lekker pryse om te wen en maak seker jy maak ook ‘n draai by die Bushido-stalletjie. Hier is lekker oefen uitdagings sê Hendri Slabbert, een van die direkteure van Bushido, en ook eienaar van die Kragapie gimnasium in Parys.

Vir elke repetisie wat jy kan doen, gaan R1 ten bate van die bekamping van geslagsgeweld waarvoor Bushido staan.
As jy daaraan dink dat Suid-Afrika die land met die hoogste verkragtingsyfer ter wêreld is, met tot 40% van vroue wat op ‘n stadium van hul lewe hulle in ‘n gevaarsituasie mag bevind, is dit beslis die moeite werd om jou spiere te kom bult of jou fiksheid op die proef te kom stel om Bushido in staat te stel om vroue met die nodige selfverdedi- gingsvaardighede toe te rus.

En wat is ‘n fees sonder kunstenaars en genoeg te ete om die kake en bene aan die beweeg te hou heeldag lank? Hiervan is daar ‘n verskeidenheid vir elke smaak. Met soveel om te doen is jy immers gewaarborg om lekker honger te raak, en kan jy rustig gaan sit en die kunstenaars geniet wat die dag sal optree.

Moet ook nie vergeet van die Mej. All Things Adventure kroning om 16:00 die middag.

Kaartjies kos R80 vir volwassenes, R50 vir pensioenarisse en kinders tussen 6 en 12 jaar betaal R40. Kinders onder 6 jaar kan die dag verniet kom geniet.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button