NewsNews

Boere se nood noop organisasie tot koopbewyse

Die ergste droogte in dekades het verreikende gevolge in die land teweeggebring wat nog baie lank gevoel gaan word. Vir baie boere sal die eerste prioriteit wees om hulle vee aan die lewe te hou. Om kos op die tafel te hou, word tweede gestel. Solidariteit Helpende Hand het daarom fondse beskikbaar gestel in die vorm van koopbewyse wat aan boere in nood geskenk gaan word. Boere wat hulp benodig moet asseblief met hul naaste Helpende Hand tak kontak maak of www.helpendehand.co.za/droogte besoek om ‘n aansoekvorm te kry wat hulle moet invul en stuur na droogte@helpendehand.co.za of dit faks na 086 218 3216. Helpende Hand sal ’n assessering doen op elke aansoeker om sodoende verdienstelike gevalle behulpsaam te wees.

Die ergste droogte in dekades het verreikende gevolge in die land teweeggebring wat nog baie lank gevoel gaan word. Vir baie boere sal die eerste prioriteit wees om hulle vee aan die lewe te hou. Om kos op die tafel te hou, word tweede gestel. Solidariteit Helpende Hand het daarom fondse beskikbaar gestel in die vorm van koopbewyse wat aan boere in nood geskenk gaan word.
Boere wat hulp benodig moet asseblief met hul naaste Helpende Hand tak kontak maak of www.helpendehand.co.za/droogte besoek om ‘n aansoekvorm te kry wat hulle moet invul en stuur na droogte@helpendehand.co.za of dit faks na 086 218 3216. Helpende Hand sal ’n assessering doen op elke aansoeker om sodoende verdienstelike gevalle behulpsaam te wees.
Dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van Helpende Hand, het sy organisasie se hulp aan die droogte-geteisterde boere bevestig: “Helpende Hand is diep besorg oor die humanitêre krisis wat onder ons boere op die platteland ontstaan het. Ons bied graag ondersteuning in die vorm van koopbewyse wat vir voedselaankope aangewend gaan word.”
Volgens Brink is boere ’n steunpilaar in Suid-Afrika en sê hy dat hulle ’n integrale deel uitmaak van ons land se ekonomie en speel die belangrikste rol vir voedselsekerheid.
Brink het bevestig dat die hulp wat die organisasie bied slegs ’n druppel in die emmer is. “Hulle is uit hulle aard van die eerste groepe mense wat inspring en help wanneer iemand hulp nodig het. Die Helpende Hand Studiefondssentrum het ook reeds verskeie boere se kinders bygestaan met studielenings vir die 2016-akademiese jaar.”
Volgens Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, gaan die droogte ’n rimpeluitwerking deur die totale ekonomie te hê – voedselpryse styg, voedselinflasie neem toe en landbouskuld groei by die dag.
Helpende Hand moedig ander instansies aan om bydraes te maak aangesien die krisis drastiese gevolge vir die land se voedselvoorraad inhou en later die sakke van verbruikers ook gaan raak.
Help ons land se boere in hulle tyd van nood. SMS “boer” na 38969 en skenk R10 vir die fonds of maak ’n direkte inbetaling in Helpende Hand se rekening met die verwysing – ‘droogte’.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button