News

Elke vrou moet weet hoe om haarself te beskerm

Suid-Afrika is tans die land met die hoogste verkragtingsyfer ter wêreld. Tot 40% van vroue sal na raming iewers in hul lewens hulself in 'n gevaarsituasie bevind, en dit is dan wanneer 'n basiese kennis van selfverdediging tot jou voordeel kan wees,

Om te kan baklei en uit ‘n gevaarsituasie te kom, is ‘n vaardigheid wat alle vroue behoort te bemeester, gesels Hendri Slabbert, een van die direkteure van Bushido Self Defence.

Bushido se hoofdoel is om op te staan teen geslagsgeweld, en is dit vir Hendri en sy mede-direkteur van Bushido, Francois Coetzee, belangrik om vroue te bemagtig met die nodige kennis en vaardighede sou hulle in ‘n gevaarsituasie beland, As deel van Bushido se waardes wat integriteit, respek, moed, eer, deernis, eerlikheid en lojaliteit insluit, het hulle begin om ‘n verskil te maak met kort selfverdedigingskursusse spesifiek vir vroue
Bushido het ook ‘n ooreenkoms met Afriforum om by hul affiliasies soos Akademia, selfverdedingsopleiding te gee, en het ook al by verskeie dameskoshuise by die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus, asook by kerke kursusse aangebied.

Tot nou toe kon die kursusse gratis aangebied word maar word daar staatgemaak op die ondersteuning van borge om die kursusse landwyd te kan aanbied.

Vir bewusmaking en as fondsinsameling sal Bushido Saterdag 26 Augustus ‘n stalletjie by die All Things Adventure buitelug ekspo by Stonehenge net buite Parys hê waar mense kan deelneem aan verskeie oefen-uitagings. R1 vir elke repitisie wat jy kan doen gaan vir Bushido om op te staan teen geslagsgeweld teen vroue en kinders. Jy hoef nie vooraf vir die uitdagings in te skryf nie. Maak net ‘n draai by die stalletjie en kom wys jou ondersteuning.

Jy kan ook Bushido ondersteun om dit moontlik te maak om meer vroue te bereik deur ‘n bydrae te maak na die volgende rekening: H.J. Slabbert, Aba, takkode 632005, tjekrekeningnommer 172 815 8758. Gebruik die verwysing – Bushido.

Onthou ook die volgende selfverdedigingskursus in Parys wat deur Bushido aangebied word, is op 30 September om 09:00 by Kragapie gimnasium h/v Loop- en Waterstraat. Dit is ‘n 3 uur kursus en kos R100 per persoon. Jy hoef nie fiks te wees nie. Trek gemaklike oefenklere aan en kom leer die basiese vaardighede. Vroue 16 tot 60 jaar is welkom. Skakel Hendri by 072 685 1849 om jou plek te bespreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button