News

Sulke eerlikheid vandag byna ongelooflik

Jeffery - jy is 'n man duisend wie se goeie daad vandag nie ongesiens verby gegaan het nie.

Wat is die kans dat jy ‘n selfoon en beursie wat op ‘n taxi op pad werk toe, agtergebly het, sal terug kry? Geen kans in vandag se dae is jou eerste reaksie. Maar nee – daar is nog eerlike mense wat ander se belange op die hart dra.

Jeffery Poole het Lydia Mthembu se selfoon en beursie met heelwat kontant in die taxi gekry, en uit sy pad gegaan om op haar foon haar werkgewer se kontaknommer te soek.

Skaars ‘n uur nadat ‘n ontstelde Lydia by die werk gekom het en haar werkgewer vertel het dat sy haar beursie en foon verloor het, het Jeffery se oproep gekom. Hy het vir hulle in die dorp gewag met die beursie met al die kontant nog daarin en die selfoon, wat hy in die taxi opgetel het, en toe seker gemaak het dit kom by die regmatige eienaar uit.

Hy wou nie eens ‘n beloning vir sy weldaad hê nie, want vir Jeffery is eerlikheid belangriker as geld.

Jeffery jy is ‘n man duisend wie se goeie daad vandag nie ongesiens verby gegaan het nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button