News

Honderd en veertig jaar kleurvol gevier

Die feesweek is Vrydag afgesluit met 'n partytjie met 'n verjaardagkoek om dié groot mylpaal te vier. Na skool het 'n kleurvolle 'Color Run' die kersie op 'n week van geesvang en hope pret gesit.

 

Hoërskool Parys het verlede week gesorg vir genoeg pret vir die graad 8 tot 12 Patryse om die skool se 140ste bestaansjaar te vier. Die week het die vorige naweek afgeskop met ‘n lekker saamkuier van oudleerders met die Reünie Osbraai en bobaas rugby van die skool se o.15 en eerste spanne. Die Maandag was dit leerders se beurt om te wys waarom die skool bekend staan ‘as die skool met ‘n hart’ toe daar skryfbehoeftes ingesamel is vir minderbevoorregte leerders. Die graad 12A-klas het ‘n hele 15,5 kg se skryfbehoeftes bymekaar gemaak. As beloning kon hul smul aan die koek wat hulle gewen het. Graad 8B was tweede met 11,1 kg se skryfbehoeftes en die graad 8A’s derde met 9,2 kg se skryfbehoeftes.

Dinsdag is daar ‘movie night’ in die skoolsaal gehou. In die plek van springmie- lies het die ouervereniging gesorg vir dougnuts en koffie. Met die tema, “Anything but school shoes” is daar die Donderdag gees gevang toe leerders met van pantoffels tot tekkies kon skoolgaan. As toegang is toiletware of ‘n geldjie betaal – ook om minderbevoorregte leerders te help. Die Patryse het hope tandeborsels, tandepasta, deodorant, seep, room, handeseep en ander produkte, asook kontant ingesamel.

Die feesweek is Vrydag afgesluit met ‘n partytjie met ‘n verjaardagkoek om dié groot mylpaal te vier. Na skool het ‘n kleurvolle ‘Color Run’ die kersie op ‘n week van geesvang en hope pret gesit.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button