News

Beswaar teen skuif van kliniek

Die gemeenskap van Bothaville is glad nie teen vooruitgang gekant nie en besef dat twee klinieke in Kgotsong dalk nie voldoende is nie, maar dit is verkeerd om dienste van een area weg te neem en dit aan ’n ander area te gee.

 

AfriForum se Bothaville-tak het  ’n dringende brief aan die direkteur vir distriksgesondheidsdienste, T.S. Shale, gestuur waarin hulle beswaar maak teen die verskuiwing van die kliniek in Bothaville na Khotsong.

Dit volg nadat dit volgens ‘n verklaring van die organisasie aan die lig gekom het dat daar nie met die gemeenskap, wat hierdeur geraak word, gekonsulteer is nie. “Daar was geen proses van openbare deelname waaraan die gemeenskap kon deelneem nie,” sê AfriForum en voeg by die gemeenskap voel dat dié skuif in die geheim plaasvind en baie mense van gesondheidsdienste gaan ontneem omdat bejaardes en kinders nie by ’n kliniek in Kgotsong kan uitkom nie.

Die tak eis dat Shale moet bewys dat die gemeenskap met kennisgewings uitgenooi is om aan die openbare proses deel te neem. Hulle eis verder dat ’n lewensvatbaarheidstudie gedoen word. Indien so ’n studie reeds gedoen is, eis die tak dat hulle die bevindinge wil sien.

“Die gemeenskap van Bothaville is glad nie teen vooruitgang gekant nie en besef dat twee klinieke in Kgotsong dalk nie voldoende is nie, maar dit is verkeerd om dienste van een area weg te neem en dit aan ’n ander area te gee. Verskeie persone en instansies, insluitend twee kinderhuise, ’n kleuterskool, Hoërskool Bothaville, Laerskool Eben Dönges, die skoolkoshuis, Huis Maranatha en ’n privaatskool, word deur hierdie skuif geraak”

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button