News

Polisie soek na ma wat babadogtertjie in straat agterlaat

Mense met inligting oor haar familie, naasbestaandes of die ma , is gevra om a.o. Sophie Kgayane te skakel by 082 049 5208 of 071 891 4321. 

Die polisie in Tumahole het die hulp van die publiek gevra nadat ‘n pasgebore babadogtertjie Maandag 14 Augustus, in ‘n straat in die Lusaka-gedeelte van Tumahole agtergelaat is.

Lede van die gemeenskap  het die oggend om 06:30 die Tumahole-polisiestasie laat weet en is die babadogtertjie toegedraai in ‘n kombers, lewend in die straat gekry. Sy is na die Parys Distrik-hospitaal geneem.

Volgens polisiewoordvoerder kapt. Loraine Earle, was dit met die skryf van hierdie berig nie seker wie die ma van die kind is nie, en is die gemeenskap se hulp gevra om die ma op te spoor.

Mense met inligting oor haar familie, naasbestaandes of die ma , is gevra om a.o. Sophie Kgayane te skakel by 082 049 5208 of 071 891 4321.

Mense kan ook inligting wat die polisie kan help met hul ondersoek stuur na die MySAPS toepassing, of die polisie se Stop Misdaad-nommer skakel by 08600 10111.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button