News

Badger uitdaging en luggeweer skiet ook deel van vanjaar se All Things pret

Sorg dat jy nie uitmis op die pret nie.

Bring die kinders. Sommer die hele familie, en kom kuier die winter-vaalheid weg op 26 Augustus by die nou reeds bekende All Things Adventure buitelugfees wat oudergewoonte by Stonehenge net buite Parys aangebied word.
Dié fees beloof iets vir almal – van oud tot jonk – wat ookal jou belangstelling is, hier is baie om te doen!

Die gewilde 4×4 baan en avontuur motorfiets baan is weer oop, terwyl daar ook ‘n bergfietsresies aangebied gaan word. Vir die 4 x 4 baan is daar 23 hindernisse insluitend ‘n “ski pad”, ‘n “drag strip” waar die ouens mekaar gaan opkeil, ‘n wipplankbrug, en natuurlik ‘n moddergat waar die manne lekker kan vassit en bewys hoe maklik (of moeilik) hulle hulself en hul voertuie uit ‘n glyerige penarie kan loswoel!

Dan is daar ook iets vir die vlieghengel-entoesias, en ‘n baie opwindende luggeweer skiet (air rifle/windbuks) kompetisie met lekker pryse om te wen.

Maak seker jy maak ‘n draai by die Sons of Guns stalletjie waar jy kan teiken skiet in die mans, dames of junior-kategorieë (juniors is skuts 13 jaar en jonger). Die luggeweer kompetisie word deurlopend deur die dag aangebied tot 15:00 en alles wat jy nodig het om deel te neem, word voorsien. Kom skiet saam en wys jou akkuraatheid op die teiken – of jy ‘n ervare skut  is of sommer net lus is vir pret – die pryse is beslis die moeite werd om te probeer. Daar is ook alles en nog  om te sien by die stalletjie vir die vuurwapen-entoesias, en verskaffers wat jou kan help met die beste advies oor onder meer watter teleskoop vir jou sal werk.

As jy moeg gesukkel is met beurtkrag, kan kundiges van Universal Solar by hul stalletjie jou help met die beste opsies wat jou sak sal pas.

Dan is daar ook die Mej. Al Things Adventure kroning om 16:00 die middag, en ‘n FI simmulator, springkastele en treintjieritte vir die kinders wat gaan sorg vir tone-krul lekkerte.

Kinders en volwassenes  kan soos vorige jare inskryf vir die modder-uitdingss van die ‘Kids Badger Race en ’Badger Race’ vir volwassenes.Dit kan jy beslis nie mis nie – pa, ma en die kinders kan inskryf.

As jy hou van die buitelewe en om aktief te bly, kan jy nie die All Things Adventure misloop nie. Uitstallers van verskeie buitelewe gereedskap sal hier wees om jou met hulle nuutste op die mark reg te kry vir jou volgende avontuur – van voertuie en karavane tot bote en tente.

Met soveel om te doen is jy gewaarborg om lekker honger te raak. By All Things Adventure is daar ’n groot verskeidenheid kosse, lekkernye en koue verversings om van te kies.

Enige fees is nie volmaak as daar nie ook bietjie rustiger vermaak is nie. Daar is kunstenaars vir oud en jonk. Jy sal rustig kan sit en jou verversing geniet terwyl terwyl jy na die kunstenaars luister.

Kaartjies kos R80 vir volwassenes, R50 vir pensionarisse, en kinders tussen 6 en 12 betaal R40. Kinders onder 6 jaar kan die dag verniet kom geniet. Sorg dat jy nie uitmis op die pret nie!

Hekke open reeds om 08:00.

Vir meer inligting kontak Antoinette Badenhorst op antoinette@mooivaal.co.za

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button