News

Feathers gesels oor die voëls van Namibië

Almal wat belangstel in die natuur en ons voëllewe, is welkom om die geleentheid by te woon. Vir meer inligting oor Feathers kan Hansie Bekker by (056) 811 4754 of 082 820 4306,of Peter Killian by 083 625 8100 geskakel word.

Feathers Voëlklub se volgende byeenkoms is Donderdag, 24 Augustus om 18:30 by Sally
Martin Park se saal.

By die geleentheid sal Lorian Page haar ervarings en die voëls wat sy op haar onlangse besoek aan Namibië gesien het, kom deel. Die tema van haar praatjie is, “My visit to Namibia”.

Tydens die klub se besoek in Oktober 2022 aan Palmietkuil naby Vredefort, is daar 66 voëlspesies aangeteken. Dit was
‘n besoek in die somer terwyl die klub die plaas nou aan die einde van die winter besoek op Saterdag, 26 Augustus. Dit sal
interessant wees om dan te sien hoeveel spesies daar nou is, en om te kyk of die somerbesoekers begin terugkom. Belangstellendes sal om 06:30 vanaf PnP se parkeerterrein vertrek, maar die reëlings sal tydens die byeenkoms gefinaliseer word.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button