News

Nuwe vrouebeweging sorg vir sowat 400 prosteses vir borskankerpasiënte

. Die Boesemvriendinne-projek verskaf gemaklike gebreide borsprosteses aan vroue wat hul borste weens borskanker verloor het en nie duur borsrekonstruksie of silikonprostese kan bekostig nie,” sê René Roux, woordvoerder van Helpende Hand en voorsitter van die Vroue in Beweging.

Die Vroue in Beweging-inisiatief, wat pas gestig is, laat nie gras onder sy voete groei nie.
Solidariteit Helpende Hand se FroueVonds (met opset verkeerd gespel, want hul leuse is “Alles loop
nie altyd reg nie”) het die Vroue in Beweging Woensdag in Pretoria bekendgestel.

Die Vroue in Beweging gaan met behulp van 17 instellings binne die Solidariteit Beweging poog om vroue te
bemagtig. Die doel is om na elke vrou se welstand, opleiding en werk om te sien sodat sy “voluit
vrou” kan wees. Die Vroue in Beweging gaan ook kragte met verskeie ander vennote, soos USN en
Sox Footwear, saamsnoer om vroue te bemagtig om sterker na vore te tree.

“Sox Footwear het Saterdag hul “Girls Rule Run”-wedloop by Loftuspark ten bate van die Vroue in
Beweging aangebied. Die wedloop was ten bate van die  Boesemvriendinne-projek. Die
Boesemvriendinne-projek verskaf gemaklike gebreide borsprosteses aan vroue wat hul borste weens
borskanker verloor het en nie duur borsrekonstruksie of silikonprostese kan bekostig nie,” sê René
Roux, woordvoerder van Helpende Hand en voorsitter van die Vroue in Beweging.

“Vir my was dit lekker om te sien dat oud en jonk, man en vrou hierdie inisiatief ondersteun het.
Meer as 200 mense het saamgekom om 5km of 10km in en om Loftus Versfeld kaf te draf. Elke
deelnemer het ‘’Girls Rule’’-sokkies van Sox ontvang en verfrissings van USN gehad.”

Roux sê hierdie was die heel eerste inisiatief onder die vaandel van die Vroue in Beweging waar
deelnemers gehardloop het vir bewusmaking van Borskankermaand in Oktober en om geld in te
samel sodat Helpende Hand se ondersteuners meer borsprosteses kan brei. Helpende Hand ontvang
R60 van elke inskrywing om breipakkies aan te koop. Elke breipakkie het genoeg inhoud om twee
wolprosteses te brei en te stop.

“Ons stuur hierdie breipakkies na plekke soos ons ouetehuise waar ons kranige ouer ondersteuners
weer hulle handewerk aanbied om die prostese te brei, vanwaar ons dan in Borskankermaand die
prostese aan Kansa gaan oorhandig. So dit is alles vir die gemeenskap van die gemeenskap,” sê Roux.
Besoek www.boesemvriendinne.co.za vir meer inligting of hou www.vroueinbeweging.co.za dop vir
meer inisiatiewe. Vroue in Beweging se agenda vir die volgende twee jaar is om veral te fokus op
vroue se geloof, werk en werkplek, geskiedenis, kultuur, opleiding, holistiese welstand, mentorskap,
en netwerke en vennootskappe.

Related Articles

Back to top button