News

Gratis hondsdolheid inenting in Koppies en Kwakwatsi

Daar is tans geen gevalle van hondsdolheid nie, maar om die dodelike siekte te voorkom is gereelde inentings baie noodsaaklik.

Hondsdolheid is ‘n dodelike siekte. ‘n Gratis inentingsveldtog teen hondsdolheid word op Dinsdag 22 Augustus in Koppies en Kwakwatsi gehou vir alle honde en katte. Die veldtog word geloods deur die veeartseny afdeling van Departement Landbou.
Daar is tans geen gevalle van hondsdolheid nie, maar om die dodelike siekte te voorkom is gereelde inentings baie noodsaaklik.

Mense word versoek om hul honde aan ‘n leibrand, en katte in ‘n geskikte sak soos ‘n lemoensak of houer te bring na die punte waar gratis intentings deur die departement se personeel toegedien word.

Die punte waar die veldtog gehou word vanaf 09:00 tot 15:00 is:

* Kwakwatsi-kantoor (naby die Kwakwatsi biblioteek en kliniek)

* Kwakwatsi gemeenskapsaal in Masoanestraat

* Rebatla Thuto Sekondêre skool

* NG Moedergemeente in Kerkstraat, Koppies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button