News

Bergfietsryers gaan baljaar by All Things Adventure

Bergfietsryers van verskeie vaardigheidsvlakke kan uitsien na een van die opwindendste byeenkomste van die jaar met die 2023 All Things Adventure Bergfietsresies

Bergfietsryers van verskeie vaardigheidsvlakke kan uitsien na een van die opwindendste byeenkomste van die jaar met die 2023 All Things Adventure Bergfietsresies wat op Saterdag, 26 Augustus by Stonehenge in Parys gaan plaasvind.

Daar is drie kategorieë naamlik ‘n 10km avontuur-wedren vir beginners, 27km vir meer gevorderde deelnemers en ‘n lekker uitdagende 50km wedren vir meer ervare bergfietsryers.

Volgens die organiseerder van die All Things Adventure Bergfietsresies, Rossouw Müller, gaan vanjaar se wedrenne iets vir almal hê om oor opgewonde te raak.

“Die tema is avontuur so ons het ‘n lekker 10km roete wat enige iemand aan kan deelneem. Dit is veronderstel om ‘n lekker familieaktiwiteit te wees,” noem hy.

“Ons het ook ‘n baie pragtige 27km roete wat uitdagend is maar waaraan enige fietsryers aan kan deelneem. Die 27km is ‘n fantastiese roete op distrikspad en enkelbane in Ouplaas in. Dit is nie baie tegnies nie, maar sal ‘n lekker avontuur wees. Ons nooi mense uit wat beginners is, maar wat hulself ook bietjie wil druk,” noem hy.

Bergfietsryers sal aan drie verskillende afstande kan deelneem.

Die 50km was oorspronklik beplan om baie tegnies te wees, maar die behoefte is dat dit nie te tegnies gaan wees nie, maar vir diegene is wat langer asems en sterkter bene het.

“Dit sal ouens se fiksheid bietjie meer toets. So dit is baie dieselfde as verlede jaar se roetes en beloof om regtig fantasties te wees met prentjiemooi uitsigte.”

Daar sal ook natuurlik pryse en medaljes wees om die All Things Adventure kampioene behoorlik te kroon na die wedrenne.

Inskrywings kan aanlyn gedoen word by Entry Ninja (www.entryninja.com).

Adventure Ride (10km) R140 per persoon

Intermediate Ride (27km) – R260 per persoon

Experienced (50km) – R 280 per persoon

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button