News

Amanda Strydom gaan gehore met “Amber/Ombré” bekoor

Amanda Strydom, tjellis Susan Mouton en pianis Coenraad Rall weef ’n musiek- en woordkleed deur die skakerings van donker na lig in hierdie kabaret, met musiek en poësie.

Amber verwys na ’n oranje-bruin edelsteen, of beteken vlugtig, temperamenteel, vrolik en aandadig. Ombré is die verandering van lig na donker en van donker na lig. Amanda Strydom, tjellis Susan Mouton en pianis Coenraad Rall weef ’n musiek- en woordkleed deur die skakerings van donker na lig in hierdie kabaret, met musiek en poësie. Van verdriet en venyn tot vrolik en verspot.

Oor die diepgang agter die titel, sê Amanda Strydom: “Om van lig na donker en donker na lig te beweeg, is die kern van die tipe kabaret wat ek doen. In Amber/Ombré is daar satiriese kommentaar oor waar ons onsself tans bevind (in die land). Daar is hoop, daar is venynigheid, verspottigheid en ongelooflike poëtiese skoonheid daarin. Die hele bindingsteks is poëties. Hierdie is ware kabaret gebind met woorde wat beklemtoon wat gaan volg of wat verby is. Ek sing oor die lewe en oor dit wat ons almal ken, en dan probeer ek troos en hoop bring.”

Amanda beklemtoon haar dankbaarheid vir kunstefeeste só: “Die kunstefeeste het ons bedryf gered. Waarheen sou ons as kunstenaars anders gaan? Die kunstefeeste kom met ’n geskenk: Dit stimuleer kunstenaars om nuwe werk te skep. Dis al hoe ek my kreatiewe siel lewend hou.”

Met: Amanda Strydom (sanger), Coenraad Rall (pianis), Susan Mouton (tjellis)

Teks en regie: Amanda Strydom

Beligtingsontwerp: Saartjie Botha

Oorspronklike musiek: Amanda Strydom, Jacques Brel, Ramses Shaffy, Johannes Kerkorrel, Ariel Ramírez, Melissa Etheridge

Musiekregie en musiekverwerking: Coenraad Rall

Vervaardiger: Amanda Strydom, Anna Davel

Genre: Kaberet

Taal: Afrikaans, Engels, Nederlands, Spaans, Duits

Tydsduur: 70 min.

Gradering: Geen o.10

Venue: Konservatorium

Datum en tyd: 3 Okt 13:00, 4 Okt 10:00, 5 Okt 16:00

Kaartjies: R200, R170 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Kaartjieverkope is reeds oop.

Besoek ons webblad by www.aardklop.co.za vir meer inligting en kry jou kaartjies by www.ticketpros.co.za

Related Articles

Back to top button