News

Kultuur beoefen is pure tone-krul lekkerte

Onthou - met 'n lied in die hart is alles net 'n bietjie makliker! Kom 'ontstres' dus gerus saam met die ATKV en Afrikaans-liefhebbers op 19 Augustus.

Die ATKV Vredefort Koepel is so stil-stil besig met verskeie projekte. Die sopkombuise word steeds ondersteun, die gebreide beertjie-projek vir die kinders van die Oekraïne het lede se stoutste verwagtinge oortref, en die skryfskool en boekbekendstelling was n groot sukses. Nou is dit weer noot-vir-noot tyd! Ons hou mos van kompetisie en van speel.

Hou gerus Saterdag, 19 Augustus van 09:00 oop vir dié musikale genot. Dit vind weer by O’s restaurant in Parys plaas en almal wat lief is vir Afrikaans, is hartlik welkom.

Onthou – met ‘n lied in die hart is alles net ‘n bietjie makliker! Kom ‘ontstres’ dus gerus saam met die ATKV en Afrikaans-liefhebbers op 19 Augustus.

Vir navrae skakel skakel Corlia Wentink-Kruger by 082 732 0257.

Related Articles

Back to top button