News

Leer meer van die naghemel se interessanthede in die hart van die Koepel

Vir meeste mense is die sterre weens ligbesoedeling onsigbaar, en die melkweg nie meer ´n begrip nie. Selfs diegene wat dit wel kan sien, verstaan min van die nagskouspel. So byvoorbeeld weet mense nie altyd dat die aandster en die môrester dieselfde is, en glad nie ´n ster nie. Of dat die naghemel elke aand verskillend is.

Die Vredefort Koepel is geseënd met ´n donker naghemel. Kom vind meer uit oor die sterre by komende Saterdagaand se sterrekyk- uitstappie op Deelfontein in die hart van die Vredefort Koepel.

Die sterrekyk word gelei deur Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika, en begin om 19:00 met ´n aanbieding in die seminaarkamer langs die sterrewag. Die aand behoort teen 21:00/22:00 klaar te wees.
Tref voorsorg teen die koue met warm klere, skoene en ´n mussie.

Padaanwysings na Deelfontein en die kostes is op www.deelfontein.co.za beskikbaar, of soek Deelfontein Guest Farm op Google Maps.

Bespreek vooraf by 083 280 9784 of by gerhard@deelfontein.co.za. Deelnemers is welkom om reeds vanaf 17:00 met ´n
piekniekmandjie op te daag en aandete op die perseel te geniet. Tafels en stoele is beskikbaar, sowel as kookwater vir koffie of tee.

Related Articles

Back to top button