Pensionarisse kan baat by dié korting

Onthou die sperdatum is 31 Augustus.

“Pensionarisse wat kwalifiseer vir korting op erfbelasting vir die nuwe munisipale belastingjaar wat op 1 Julie 2023 begin het, moet onthou dat aansoeke vir die afslag gedoen moet word voor 31 Augustus 2023” herinner Vryheidsfront raadslid Phillip van der Merwe.
Om te kwalifiseer moet die applikant eienaar van die eiendom wees en dit self bewoon, ouer wees as 60 jaar of ‘n ongeskiktheidspensioen ontvang, en nie eienaar wees van meer as een eiendom nie.
Die inkomste van die huishouding (d.w.s. applikant en gade) moet minder beloop as
R 9 120,00 per maand. Kortings word as volg bereken :
* op inkomste van R 0,00 tot R 4 700,00 per maand : 100%,
* op inkomste van R4 701,00 tot R 5 400 per maand : 60%,
* op inkomste van R 5 401,00 tot
R 8 370,00 per maand 30%
* op inkomste van R 8 371,00 tot
R 9 120,00 per maand : 15%.
Aansoekvorms vir die korting is by munisipale kantore beskikbaar en aansoeke kon vanaf 1 Julie 2023 ingedien word. “Pensioenarisse word versoek om vroegtydig hul aansoeke in duplikaat voor te berei sodat hulle ‘n ontvangs- erkemnning op die duplikaat kan laat aanbring wanneer die aansoek ingedien word” beveel rdl. Van der Merwe aan.
Parysenaars wat hulp met die aansoeke benodig is welkom om VF Plus raadslede Jan Meyer by 083 778 8218 of Marinda Matthysen-Engelbrecht by 078 237 0097 te kontak.
Onthou die sperdatum is 31 Augustus.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button