Leer die basiese vaardighede van selfverdediging
Vyf-en-twintig mense van die In Sy Voetspore organisasie in Sasolburg het onlangs ’n twee weke lange selfverdedigingskursus bygewoon met honderd persent bywoningsyfer vir die twee weke. Die kursus is op versoek van die organisasie deur Kobus Grobler en Sonja van Rhyn van Parys aangebied wat al vir jare die inisiatief in Parys dryf om mense te help om die basiese vaardighede van selfverdediging onder die knie te kry.

Hulle bied die kursus aan suiwer as gemeenskapsdiens. Die kursus wat in Parys as drie maande kursus twee keer per jaar aangebied word, is so gewild dat baie studente meer as en kursus bywoon om hul vaardighede op te skerp. Die kursus is vir oud en jonk en Parysenaars sal weer die eerste Woensdag in Augustus tot die laaste Woensdag in Oktober die kursus kan volg. Belangstellendes kan Sonja van Rhyn skakel by 082 327 4250