News

‘Padlangs’ saam met Feathers

Daar is geen uitstappies vir lede van die Feathers-voëlklub vir Julie nie, maar alle voëlkykers word genooi om op Donderdagaand, 27 Julie om 18:30 saam met Feathers by Sally Martin Park se saal te kom kuier. By die geleentheid gaan Machel du Ponte haar foto’s, met die tema “Padlangs” kom deel. Dit sal interessant wees …

Daar is geen uitstappies vir lede van die Feathers-voëlklub vir Julie nie, maar alle
voëlkykers word genooi om op Donderdagaand, 27 Julie om 18:30 saam met Feathers by Sally Martin Park se saal te kom
kuier.

By die geleentheid gaan Machel du Ponte haar foto’s, met die tema “Padlangs” kom deel. Dit sal interessant wees om te
hoor en te sien wat sy langs watter paaie gekry het.

Aangesien daar nie uitstappies is nie, word daar na die aanbieding saam gekuier met sop en brood. Bring jou beker saam vir die sop. ‘n Kombersie vir die bene kan dalk ook werk.

Vir meer inligting oor Feathers skakel Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 8204306), of Peter Killian by 083 625 8100)

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button