NewsNews

Weiveld Boere help om skoolingang te verfraai

Blikoortjies-kleuterskool hou vanjaar groot makietie wanneer alle ouers, onderwysers en kleuters wat die afgelope 40 jaar deel was van die skool, vir die eerste keer bymekaar sal kom vir ’n reünie op Saterdag 15 Oktober.

Blikoortjies-kleuterskool hou vanjaar groot makietie wanneer alle ouers, onderwysers en kleuters wat die afgelope 40 jaar deel was van die skool, vir die eerste keer bymekaar sal kom vir ’n  reünie op Saterdag 15 Oktober. Meer besonderhede oor hierdie lekker saamkuier sal later bekendgemaak word.
Die skool se ingang is ook onlangs, danksy befondsing van die Weiveld Boerevereniging, opgeknap met plaveisel wat deur Speedy Walls en Paving gedoen is.
Gholfspelers kan gerus die skool se gholfdag ondersteun wat op 26 Augustus gehou word.
Die koste is R450 per persoon wat die “green fees”, gholfkarretjie en halfweghuis insluit. Spelformaat is ’n  4 Ball Alliance Scramble Drive.
Gholfspelers kan die skool skakel by (056) 811 4822  vir meer inligting of stuur e-pos na [email protected]
Om in te skryf vir die gholfdag kan mense ook vir Cornel skakel by 083 258 0805 of stuur e-pos na [email protected]

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button