Blikoortjies-kleuterskool hou vanjaar groot makietie wanneer alle ouers, onderwysers en kleuters wat die afgelope 40 jaar deel was van die skool, vir die eerste keer bymekaar sal kom vir ’n reünie op Saterdag 15 Oktober. Meer besonderhede oor hierdie lekker saamkuier sal later bekendgemaak word.
Die skool se ingang is ook onlangs, danksy befondsing van die Weiveld Boerevereniging, opgeknap met plaveisel wat deur Speedy Walls en Paving gedoen is.
Gholfspelers kan gerus die skool se gholfdag ondersteun wat op 26 Augustus gehou word.
Die koste is R450 per persoon wat die “green fees”, gholfkarretjie en halfweghuis insluit. Spelformaat is ’n 4 Ball Alliance Scramble Drive.
Gholfspelers kan die skool skakel by (056) 811 4822 vir meer inligting of stuur e-pos na blikoortjies@telkomsa.net
Om in te skryf vir die gholfdag kan mense ook vir Cornel skakel by 083 258 0805 of stuur e-pos na steync@yahoo.com