News

Liggaam gekry waar straat in Johannesburgse middestad oopgekloof is

Paaie wat geraak word sal gesluit bly totdat die omvang van die skade bepaal is en die pad herstel is. 

Die liggaam van ‘n man is vanoggend, Donderdag 20 Julie deur nooddienste in die middestad van Johannesburg gekry waar Lilian Ngoyistraat Woensdagmiddag laat oopgekloof is, in wat aanvanklik gedink is ‘n ondergrondse gasontploffing kon wees.

Lilian Ngoyistraat, tussen Pixley Ka seme- (Sauer) en Von Wiellighstraat sal vanoggend gesluit wees vir verkeer. Motoriste kan ook padsluitings verwag in alle strate wat Lilian Ngoyistraat kruis, tussen Rahima Moosa- en Pleinstraat, maar ook Simmondsstraat, Harrisonstraat, Lovedaystraat, Rissikstraat, Joubertstraat, Eloffstraat en Von Brandisstraat, het Netwerk 24 vanogged berig.

Paaie wat geraak word sal gesluit bly totdat die omvang van die skade bepaal is en die pad herstel is.

Mense is aangeraai om vooraf seker te maak watter strate as alternatiewe roetes gebruik moet word en is gevra om geduldig te wees.

Altesaam 41 mense is in die voorval beseer, en het die beserings gewissel van lig tot ernstig.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button