Local newsNews

Hier is gestem, gewen en lekker gekuier vanaand

Onthou stemlyne vir vanjaar se Kwêla Dorp van die Jaar kompetisie sluit Vrydag 21 Julie om 12:00

Parysenaars het vanaand by Stonehenge bymekaar gekom om te stem vir Parys as vanjaar se Kwêla Dorp van die Jaar. Die dorp is reeds as die Vrystaatse streekwenner aangewys en is stemlyne nou oop tot Vrydag 21 Julie om 12:00.

Behalwe vir die pryse wat vanaand danksy borge weggegee is, was dit ‘n aand van lekker kuier en hope pret.

Jy kan stem deur die woord Parys te SMS na 33157. Dertig sms’e per selfoonnommer word toegelaat. Die koste per SMS is R1,50 en gratis SMS’e word nie aanvaar nie.

Onthou die kompetisie gaan oor dit wat die dorp sy besoekers bied, en nie oor munisipale dienslewering nie. Die prysgeld sal ook nie aan ‘n munisipaliteit betaal word nie maar aan die organisasie wat die Dorp van die Jaar veldtog in die finalis dorpe gedryf het.  In Parys se geval is dit MooiParys.

    

En vanaand is daar gestem vir ‘n vale vir Parys.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button