Bekende sakeman van Parys, Viv van Rensburg, is verlede week in die ouderdom van 69 jaar oorlede.
Hy was ’n man wat geleef het vir sy gesin, vir sy familie, vriende en medemens.
Hy was geliefd onder sy kliënte deur die byna 40 jaar wat hy sy onderdele onderneming, Trek Spares, bedryf het. Almal het hom geken as iemand wat alles in sy vermoë sou doen om jou te help en parte te vind wat mense gedink het onmoontlik sou wees om te kry.
As jy by sy onderneming ingestap en gevra het hoe dit gaan, was sy alombekende gesegde, “Good en fast – good for nothing and fast asleep).
Behalwe vir ’n wonderlike gemeenskap en baie vriende, laat Viv se heengaan ook ’n groot leemte vir sy dogters en skoonseuns, Riana, George, Theresa, Sonia, Peet, kleindogters Vivienne en Georgea, eggenote, Poppie, familie en vriende.
Die begrafnisdiens was Maandag.



