Local news

Ysig mooi

Hoewel sneeu nie in Parys gesien is nie, het Ferdie Jordaan dié pragtige koue foto's in en om Parys geneem.

In Parys was dit Maandag ‘n yskoue 11 grade maksimum. Parysenaars sal ook vir die res van die week die serpe en musse moet naby hou met maksimum temperature wat tot minstens Sondag onder 20 grade Celsius sal wees.
Die koue het fotograwe reg oor die land na hul kameras laat gryp vir sneeufoto’s, en hoewel sneeu nie in Parys gesien is nie, het Ferdie Jordaan dié pragtige koue foto’s in en om Parys geneem.

Dit gebeur baie selde dat dit in Gauteng sneeu, maar vandeesweek het ‘n koue front sneeu na groot gedeeltes van die land, insluitend dié provinsie gebring.

Innes Erasmus, ‘n Vaalweekblad-leser, het die koue trotseer en na die Suikerbosrand Natuurreservaat suid van Johannesburg gegaan om hierdie rare gebeurtenis op foto’s vang. Sien foto’s hieronder,

Geboue by die Suikerbosrand Natuurreservaat met sneeu bedek. Foto: Innes Erasmus
Die Suikerbosrand Natuurreservaat onder ‘n laag sneeu. Foto: Innes Erasmus
Sneeumanne word by die Suikerbosrand Natuurreservaat gebou. Foto: Innes Erasmus

https://vaalweekblad.com/167162/kyk-sneeu-verander-suikerbosrand-natuurreservaat-in-winter-wonderland/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button