Uit my dagboek: Nuwe pa: By mamma en by pappa

Ons almal weet dat mammas en pappas kinders anders hanteer. Mammas leer kinders mooi en werk baie sag met hulle, terwyl pappas kinders goed leer wat hulle dink is snaaks. Ek het altyd gedink dat ek die uitsondering op die reël sou wees, maar my vrou het onlangs vir my uitgewys dat ek eintlik nie is nie. Ons het dit besef met badtyd. Badtyd is nie regtig vir ons moeilik nie. Aiden geniet dit om te bad, dit is amper die enigste tyd behalwe slaaptyd wat hy stilsit.

Ons almal weet dat mammas en pappas kinders anders hanteer. Mammas leer kinders mooi en werk baie sag met hulle, terwyl pappas kinders goed leer wat hulle dink is snaaks.
Ek het altyd gedink dat ek die uitsondering op die reël sou wees, maar my vrou het onlangs vir my uitgewys dat ek eintlik nie is nie. Ons het dit besef met badtyd. Badtyd is nie regtig vir ons moeilik nie. Aiden geniet dit om te bad, dit is amper die enigste tyd behalwe slaaptyd wat hy stilsit.
In dié tyd is dit asof ons hom die meeste op een slag kan leer.
Sy konsentrasievlakke is baie hoër in die bad as enige ander plek. Dalk omdat daar nie so baie dinge is om sy aandag af te trek nie. Wanneer my vrou hom bad, kan ek van die televisiekamer af hoor hoe sy hom leer waar sit sy mondjie, sy hare, sy neusie en sy ogies.
“Aiden waar is jou ogies?” dan wys hy na sy oë toe. Dieselfde met die res van sy liggaam, dit is baie oulik om te sien. Dit maak my ook sommer trots omdat hy so mooi leer.
In plaas daarvan om op die goeie werk voort te bou wat my vrou al gedoen het, kom ek in en leer hom allerhande verskillende dinge. Die mees onlangse was om hom die uitdrukking van inspanning te leer. Dit is vir hom baie snaaks wanneer ek ‘n nat waslap vat en al die water uitdruk met ‘n geweldige gesteun en kreun. Die uitdrukking op my gesig wys ook hoe hard ek probeer om die water uit die waslap te druk. Dit was iets wat hy vinnig gesnap het. Hy vat sy eie waslap en druk met albei handjies so hard soos wat hy kan om die water uit te kry. Met al die gekreun en gesigsuitdrukking wat daarmee saamgaan. Sy oë rek groot, sy mond trek styf, die spiere in sy nek word ingespan. Dit was vir my een te veel, pappa lag so hard dat hy omval. Natuurlik is dit vir Aiden ook snaaks as ek so hard lag. So het dit gekom dat hy uit die bloute uit vir my sal kyk en die uitdrukking gee. Dan lag ons albei vir mekaar want ek kan nie help om dan nie die uitdrukking terug te gee nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button