News

Vier huise oor die naweek in brande verwoes

Dankie aan elkeen wat op die onderskeie tonele hulp verleen het.

Vier gesinne in Parys Tumahole en Schonkenville is die afgelope naweek sonder ‘n heenkome gelaat weens huisbrande.

By Nare Villas in KraanvoĆ«lsingel. is ‘n huis en die gesin se motor rondom 08:00 Sondagoggend tydens ‘n brand by hul huurhuis verwoes.

Die Ngwathe Brandweer- en Nooddiens voertuie,, Johnnys, WeCare, Pieter Kemp en Parys Medics was vinnig op die toneel nadat die noodoproep ontvang is, maar weinig kon uit die huis gered word met die vlamme wat in ‘n oogwink van die motorhuis na die res van die huis versprei het.

 

Die brand het ook na die motorhuis van die aangrensende huis versprei.

Die buurman, Ivan Hopo, het aan Gazette vertel dat hulle wakker geword het van die rook en die geskreeu van mense in die kompleks. Anders as sy bure, kon hy nog betyds daarin slaag om die motor wat in sy motorhuis geparkeer was, uit te kry voordat dit aan die brand kon raak. Van die ander bure en mense wat hulp verleen het op die toneel, het hom gehelp om as voorsorgmaatreƫl die meubels uit sy huis te dra, maar het sy bure bykans alles verloor wat hulle gehad het.

Die oorsaak van die brand moet nog bepaal word.

In die Mbeki-woongebied in Tumahole het twee huise Sondagoggend afgebrand, terwyl ‘n huis in Schonkenville Saterdag in ‘n brand verwoes is.

Die afgelope week het die Ngwathe Brandweer- en Nooddiens, Parys Medics en Security Master ook hulp moes verleen by ‘n huis in Grensstraat waar ‘n lapa aan die brand geraak het.

Niemand is in die brand beseer nie, maar een van die huisbewoners is na die Parys-hospitaal geneem vir behandeling weens skok en rookinaseming

Related Articles

Back to top button