News

Oud-Gimmie loop weer na hy albei bene in ongeluk verloor

Sy positiewe ingesteldheid ten spyte van sy verlies het mense reg oor die land geraak

 

Die 18-jarige Edwin Nelson kon op 4 Julie sy eerste treë met die hulp van prosteses gee, nadat albei sy bene onder die knie geamputeer toe moes word na ‘n motorongeluk op die Parys/Potchefstroompad op 28 Mei.

Edwin was van Potchefstroom na sy huis in Vaalpark onderweg, toe hy beheer oor die motor verloor het, en  staalversperrings langs die pad deur sy kardeur gesny het.

Maar die jongman se positiewe ingesteldheid  ten spyte van sy verlies, het nie net sy vriende en familie aangegryp nie, maar ook mense reg oor die land geraak. Sy bene raak nog seer met die wonde wat nog herstel, en moet hy eers met die hulp van krukke gewoond raak aan die prosteses voordat hy sy eie permanente prosteses kan dra, maar daardie eerste treë die afgelope week, was alreeds vir Edwin ‘n groot mylpaal.

Kyk na die video en volledige berig in Potchefstroom Herald hier:

https://potchefstroomherald.co.za/128521/video-edwin-loop-vir-die-eerste-keer-na-sy-motorongeluk/

 

Edwin en sy nefie, John-William Nelson. Hierdie foto is by die spinathon op Saterdag, 24 Junie geneem. Foto: Aldo de Wet

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button