Oud-Gimmie en talentvolle rugbyspeler sterf in motorongeluk
Ons innige medelye met JD se familie
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2023/07/JD.jpeg)
JD van den Berg (23), ‘n oudleerder van Potchefstroom Gimnasium en kranige rugbyspeler, is Vrydagmiddag 30 Junie in ‘n motorongeluk net buite Potchefstroom oorlede.
Die botsing was op die Rysmierbultpad. JD was van Sol-Tech in Pretoria waar hy studeer op pad huis toe, toe die ongeluk gebeur het. Hy was alleen in die voertuig.
JD het in 2018 by Potchefstroom Gimnasium gematrikuleer waar hy ook vir die skool se eerste rugbyspan gespeel het, Later het hy ook vir die NWU uitgedraf en was hy betrokke by Gimmies as rugbyafrigter. Naas rugby was musiek ‘n groot liefde vir hom en het hy gesing en kitaar gespeel.
JD se roudiens word voorlopig vir 14 Julie by NG Potch-Oos in Bailliepark beplan. ‘n Tyd sal later bevestig word.
Lees die volledige berig hier
https://potchefstroomherald.co.za/128289/motorongeluk-eis-toegewyde-oud-gimmie-rugbyspeler-se-lewe/