Parys-rolbalklub het kop en skouers uitgestaan by die Noordwes meesters rolbalkragmeting wat die afgelope naweek in Potchestroom beslis is.
Van die 24 spelers wat genooi was om deel te neem, was agt van Parys. In die ope-afdeling is Jaco Nel, Henk Prinsloo en Trevor Wright genooi, en in die Veterane-afdeling is Faan Stofberg, Raymond Loubser, Magdel O’Donoghue, Lazuya Serfontein en Amanda Bester na die prestige geleentheid genooi.
Magda en Faan het silwermedaljes gewen, en Lazuya en Raymond bronsmedaljes.