NewsNews

Prettige vakansie aktiwiteite vir hierdie skoolvakansie

Die lang winter skoolvakansie lê voor en is hierdie prettige en boonop goedkoop aktiwiteite wat die ure gou sal omkry ideaal vir kinders. Laat die kinders bietjie speel en kreatief wees eerder as om voor die televisie te sit. Die Lieweheersbesie speletjie Benodigdhede: •Papier en penne •Dobbelsteen •Papier om spelers te herinner waarvoor die nommers …

Die lang winter skoolvakansie lê voor en is hierdie prettige en boonop goedkoop aktiwiteite wat die ure gou sal omkry ideaal vir kinders. Laat die kinders bietjie speel en kreatief wees eerder as om voor die televisie te sit.
Die Lieweheersbesie speletjie
Benodigdhede:
•Papier en penne
•Dobbelsteen
•Papier om spelers te herinner waarvoor die nommers staan
Reëls:
Elke speler moet ’n  ses gooi voordat hulle mag begin teken. Die nommer ses is die lyf. Daarna moet die nommer vyf gegooi word vir die kop. Verder kan die besie in enige volgorde geteken word. Die eerste speler wat al die dele van die besie klaar geteken het wen.
Nommers:
Nommer 1- Een kol (die span kan besluit hoeveel kolle die besie moet hê)
Nommer 2- Een been
Nommer 3- Een voeler
Nommer 4- Een oog
Nommer 5- Kop
Nommer 6- Lyf

Vinger verf
Elke ouer se droom, verf wat nie vlek nie.
Benodigdhede:
•Meel of Mazina
•Water
•Voedselkleursel
Metode:
•Meng gelyke hoeveelhede meel en water, maak seker dat daar geen klonte in die mengsel is nie. Voeg meer meel by indien die verf te lopering is.
•Voeg die gelange voedselkleursel druppel vir druppel by.
’n n Swart vetkryt kan gebruik word om prente te teken sodat die kinders dit kan versier met die vinger verf, of gee vrye teuels aan die kinders se verbeelding, sodat hulle hul eie prentjies kan verf. Gebruik leë eierkartonne of plastiek glasies om die verf in te gooi.

Sout klei
Benodigdhede:
•½ tot 1 koppie meel
•1 tot 1½ koppie sout
•½ tot 1 koppie water
Metode:
Voeg die meel en sout bymekaar en meng. Voeg dan die water stadig by totdat die verlangde tekstuur verkry is. Gooi voedselkleursel in die water of verf die soutklei kuns nadat dit gebak is. Gebruik koekiedrukkers om oulike vorms te maak. Bak in die oond totdat dit hard is.
1. Maak solank unieke versierings vir die kersboom wat ure se vermaak sal verseker.
2. Vang die kinders se hande of voete vas in klei vir ’n  mooi herinnering.
3. Maak kershouers vir ’n vriendin, die opsies is eindeloos.

Tuisgemaakte borrel wurms
Benodigdhede:
•Leë 500ml water- of koeldrank bottel
•Skêr
•‘n Ou kous
•Skottelgoedseep
•Bord of bak om seepmengsel in te sit
Metode:
•Sny die onderkant van die bottel af
•Plaas die kous oor die oopgesnyde kant van die bottel
•Maak ‘n mengsel aan van skottelgoedseep en water, plaas in ‘n bord of bak
•Druk die kous in die seepmengsel
•Skroef die proppie van die bottel af en blaas dan deur die opening
So wanneer “Mamma ek is verveeld” in jou ore lui. Probeer gerus die bogenoemde aktiwiteite. Maak die vakansie spesiale tyd saam met jou kinders.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button