NewsNews

Herwinningsprojek vir Parys uitgebrei

Oorweldigende samewerking is verlede week van inwoners gekry vir DA-raadslid Saal de Jager se projek om herwinbare afval te skei van gewone huisvullis. Inwoners en ondernemings noordwes van Loopstraat, en noord van Waterstraat, tot by die rivier, is gevra om vanaf verlede week hul herwinbare rommel apart uit te sit wanneer hulle hul vullissakke op straat sit vir verwydering. Dit sluit in alle herwinbare materiaal soos bottels, blikke, plastiek, papier en karton wat bloot op die sypaadjie gesit word langs die sakke vullis wat deur munisipale werkers versamel word vir verwydering.

Oorweldigende samewerking is verlede week van inwoners gekry vir DA-raadslid Saal de Jager se projek om herwinbare afval te skei van gewone huisvullis. Inwoners en ondernemings noordwes van Loopstraat, en noord van Waterstraat, tot by die rivier, is gevra om vanaf verlede week hul herwinbare rommel apart uit te sit wanneer hulle hul vullissakke op straat sit vir verwydering.
Dit sluit in alle herwinbare materiaal soos bottels, blikke, plastiek, papier en karton wat bloot op die sypaadjie gesit word langs die sakke vullis wat deur munisipale werkers versamel word vir verwydering.
De Jager sê daar was verblydende samewerking deur die publiek, “hoewel ons nie alle inwoners in die teikengebied betyds kon bereik nie.”
Hy sê die herwinbare items is verlede Donderdag apart  deur rommelsmouse verwyder. “Ons brei dit hierdie week uit na ‘n groter gebied.” Pamflette sou eergister in die nuwe teikengebied afgelewer word.
Nasionale wetgewing vereis dat munisipaliteite nou hul inwoners aanmoedig om hul herwinbare afval by oorsprong te skei van onherwinbare afval. “Maar Ngwathe munisipaliteit het nog min probeer doen, “ sê DA-koukusleier Arnold Schoonwinkel, “ten spyte van verskeie pleidooie deur die DA, by amptenare sowel as by Burgemeester Joey Mochela.”
Schoonwinkel sê Parys se vyf DA-raadslede kry egter nou belangstelling, ook van ANC-raadslede.
Die uiteindelike plan is om die projek weekliks uit te brei totdat die munisipaliteit daarby inval.
Parys se munisipale stortingsterrein is al jare lank sonder lisensie en dus onwettig. Dis ook nou oorvol en moet uitgebrei word, soos vroeër deur Gazette berig is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button