News

TikTok nou tweede gewildste in SA

 Instagram bly 'n gewilde keuse onder Suid-Afrikaanse sosialemediagebruikers, met 27,6% penetrasie, terwyl Twitter 'n beduidende aanhang behou

TikTok het  Instagram verbygesteek in gewildheid, en is nou in die tweede gewildste onder die ‘groot vyf’ sosiale media platforms in Suid-Afrika.

Facebook, met ‘n oorweldigende 56,7% penetrasie van Suid-Afrikaners 15 en ouer, wat in stede en dorpe woon, oorheers steeds die sosiale media-toneel. TikTok het egter plofbare groei gesien en Instagram oortref om die tweede posisie op 30,6% te eis. Die aantrekkingskrag van TikTok strek veral verder as sy onder-15-teikengehoor, en maak ‘n impak in die 15+-mark.

Instagram bly ‘n gewilde keuse onder Suid-Afrikaanse sosialemediagebruikers, met 27,6% penetrasie, terwyl Twitter ‘n beduidende aanhang behou ondanks sy moeilike oorname deur Elon Musk, wat op 22,5% staan. LinkedIn is ver agter, maar sy penetrasie van 14,7% is gesond vir ‘n professionele netwerkplatform wat nie die jeug aanklank vind nie

Dit is gevind met die South African Social Media Landscape 2023 studie waarvan die resultate pas bekend gemaak is deur Ornico en World Wide Worx.

Data is gebaseer op Ask Afrika se Target Group Index (TGI), wat 24 744 respondente ondervra het. Data word volgens die bevolking geweeg en verteenwoordig 28,1 miljoen Suid-Afrikaners. Ornico en World Wide Worx doen ook ‘n opname van sosiale mediagebruik deur Suid-Afrika se grootste handelsmerke, en integreer die bevindinge met verskeie bykomende databronne, in een van die land se mees verwagte navorsingsverslae van die jaar. Die verslag word gratis aan die mark beskikbaar gestel.

Die studie beklemtoon die ooreenkomste tussen sosiale media-platforms se gewildheid en die proporsie hoogs aktiewe gebruikers. Facebook kom na vore as die leier, met byna 8 uit 10 gebruikers wat hoogs aktief is. TikTok en Instagram toon soortgelyke vlakke van gebruikersbetrokkenheid, terwyl LinkedIn ‘n relatief klein deel van hoogs aktiewe gebruikers het. Hierdie onderskeid impliseer dat platforms soos Facebook, TikTok en Instagram diep geïntegreer is in gebruikers se lewenstyl, terwyl LinkedIn nouer geassosieer word met hul “werkstyle”, sê Arthur Goldstuck, hoof uitvoerende beampte van World Wide Worx.

Intussen het die bedryfsopname wat as deel van studie onder meer as 100 van die land se grootste handelsmerke gedoen is, aan die lig gebring dat Twitter ‘n beduidende afname ervaar het in die persentasie groot handelsmerke wat dit as ‘n bemarkingsplatform gebruik – van 69% tot 63%, in vergelyking met tot ‘n hoogtepunt van 88% in 2019.

Oresti Patricios, uitvoerende hoof van Ornico, sê: “Een van die groot verskuiwings wat in die opname gemeet is, was in die verhouding van maatskappye in die hoogste bestedingskategorie en dié op die laagste. Byna die presiese persentasie afname in diegene wat meer as R50 000 per maand bestee, ‘n daling van 9% van 22% af tot 13%, is toegepas op die verhoging in die laagste kategorie.

“Die opname het ‘n 10%, styging van 54% tot 64%, gesien in die persentasie van diegene wat minder as R10 000 per maand bestee. Interessant genoeg het dit saamgeval met ‘n soortgelyke toename in die verhouding van maatskappye wat sosiale media gebruik as ‘n manier om koste van kommunikasie te verlaag, van 20% tot 27%.

 

 

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button