Local news

FAK herdenk Slag van Paardeberg met skyngeveg

Hierdie geveg is nog nooit in die 123 jaar van die gebeurtenis herdenk nie

 

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerke het op 24 Junie ’n skyngeveg op Udolpho Rivierplaas net buite Parys in die Vrystaat aangebied. Dié skyngeveg is ter herdenking van die Slag van Paardeberg, wat tydens die Anglo-Boereoorlog (ABO) plaasgevind het en bekend is as ’n groot nederlaag vir die Boerekommando.

Antonio Claassens met Jao Jansen in die middel en Jan-Danie Malan heel regs by die Boerelaer. 

“Hierdie geveg is nog nooit in die 123 jaar van die gebeurtenis herdenk nie,” verduidelik Jan-Danie Malan, kultuurkoördineerder Sentraal van die FAK. “Ons wil graag onbekende en ongewilde veldslae uitvoer en so vir mense die geskiedenis leer.”

Jason Strydom as kapt. Danie Theron. 

Die FAK se Vaal- en Parys-Kultuurnetwerke het, tesame met die Dundee Diehards en die Gideonsbende, die gebeure van die Slag van Paardeberg opgevoer, waar meer as 200 mense saamgedrom het om die skyngeveg te besigtig en aan deel te neem.

Die Britte.
Foto’s geneem deur Chilli PicNic Photography

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button