News

Kanonvuur dreun oor Vrystaatse vlaktes

Talle besoekers het Saterdag na die geskiedenis in beeld kom kyk van die Boeremag onder bevel van genl. Piet Cronje, wat vasgekeer was by Paardeberg en uiteindelik tot oorgawe gedwing is.

Vroeg Saterdagoggend het kanonvuur oor die Vrystaatse vlaktes buite Parys gedreun. Die Boere en Engelse was aan die ‘skiet’ by die FAK se Udolpho Rivierplaas buite Parys.

Dié skyngeveg wat hier beleef is, was ‘n lewensgetroue voorstelling van wat destyds by Paardeberg gebeur het – een van die grootste veldslae tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Die kanonvuur wat gehoor is, was dié van ‘n Parrot Rifle wat vir die voorstelling gebruik is, en eiehandig deur Alexander Potgieter van Meyerton gebou is. Hy het drie maande aan dié meester vakmanskap gewerk wat in Desember 2022 voltooi is.

Alexander was ‘n passer-en-draaier van beroep, maar nadat hy afgetree het, het hy nie gaan stilsit nie.
Baie navorsing is gedoen om dié Amerikaanse veldkanon, getrou aan die ware Jakob, te kon bou.

Talle besoekers het Saterdag na die geskiedenis in beeld kom kyk van die Boeremag onder bevel van genl. Piet Cronje, wat vasgekeer was by Paardeberg en uiteindelik tot oorgawe gedwing is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button