News

Dapper jongman se heldedaad herleef

Wat Saterdag op Udolpho gesien is toe die skote geklap het vir die skynaanval om die geskiedkundige veldslag lewensgetrou uit te beeld, was 'n unieke en uitsonderlike belewenis van die bittere geveg in Februarie 1900. 

Die spanning was tasbaar in die stille afwagting Saterdagoggend op Udolpho waar mense toegekyk het na die voorstelling van die gebeure by Paardeberg waar ‘n jongman en bobaas verkenner, Danie Theron, manhaftig verby die Britse soldate gekruip het, deur die geweervuur, om met genl. Piet Cronje, hoof van die ZAR-magte te  praat oor ‘n moontlike ontsnaproete.

Sy skraal figuur skaars sigbaar op die rant waar hy stadig gevorder het tot die Voortrekkerlaer. Maar nie eens dié heldhaftige daad kon die Boere se oorgawe teen die Britse oormag keer nie.

Danie Theron beweeg na die Voortrekerlaer.

Wat Saterdag op Udolpho gesien is toe die skote geklap het vir die skynaanval om die geskiedkundige veldslag by Paardeberg lewensgetrou uit te beeld, was ‘n unieke en uitsonderlike belewenis van die bittere geveg in Februarie 1900.

Die dag toe die Britte met by die 40 000 soldate en 100 kanonne, die Boeremag onder bevel van Piet Cronje aan die oewer van die Modderrivier naby Kimberley vasgetrek het,

Saterdag se skynaanval is moontlik gemaak danksy fyn beplanning en baie harde werk deur lede van die FAK, die Gideonsbende, Vaal Kultuur Netwerk, GGSA, die Swartkruit Vereniging en die Dundee Diehards/ Transvaal Free State Garrison wat hul liefde en passie vir die geskiedenis met besoekers aan die FAK se Udolpho Rivierplaas gedeel het.

Dit was die tweede keer dat ‘n skynaanval op Udolpho ‘n unieke blik op ‘n geskiedkundige veldslag gegee het. Die Slag van Majuba is in Februarie vanjaar met ‘n skyngeveg by Udolpho uitgebeeld.

Tydens Saterdag se voorstelling, met vertelling deur Rudi Oosthuizen, is gesien hoe die Boere met 4 600 man en 5 kanonne in ‘n laagte was wat ‘n teenaanval op die Britte moeilik gemaak het, en teen die Britse oormag – ‘n bykans onmoontlike saak.

Die Boere se akkurate mauser-vuur het die Royal Canadian regiment of Infantry terug gedryf, maar die Britse oormag, en die teenwoordigheid van vroue en kinders in die Boere-laer het die dag beslis, en is Cronje en sy kommando tot oorgawe gedwing op 27 Februarie (Majuba-dag), na ‘n 9 dae beleg deur die Britte.

Aan Britse het 280 gesterf en 820 is gewond, met ‘n verdere 2 000 wat gesterf het weens die vergiftigde drinkwater.

Aan Boere-kant is 100 dood en 4000 krygsgevange geneem. Die res het ontsnap.

Na dié voorstelling was daar ook ‘n voorstelling van die Blokhuis dryfjag  waar die boere deur die blokhuis linies gebreek het, asook ‘n konsentrasiekamp- en krygsgevange kamp voorstelling.

Die Blokhuis-dryfjag voorstelling. 

Deelnemers en besoekers het reeds van Vrydagaand op Udolpho saamgekuier en is hegte vriendskapsbande oor die twee dae gesmee, met die luide klank van doedelsakspeler Eric Cleaver van die SA Irish Pipe Band wat deur die oggendstilte weerklink het, in die terugblik in herinnering maar ook van kosbare saamwees.

 

 

Foto’s: Liezl Scheepers

Related Articles

Back to top button